gewildstegedigte.litnet.co.za » C. Louis Leipoldt

Wys my die plek waar ons saam gestaan het
Wys my die plek waar ons gestaan het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die silwer see

Blink in die sonskyn, soos lang verlee

Dit eenmaal geblink het, ’n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,

Lag soos voorheen op my en op jou;

Dit skitter nog altyd ’n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,

Eens, toe jy myne was –

Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,

Wie van ons twee moet die meeste dra?

Jy wat vergeet het – of ek wat boet

Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

Oktobermaand
Viooltjies in die voorhuis –

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies orals op die veld,

En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Dan is die dag so helder,

so groen is elke aand

So blou en sonder wolke

die hemel heerlik bo,

So blomtuin-vol van kleure

Die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober!

Die varkblom is in bloei;

Oor al die seekoeigate

is kafferskuil gegroei;

Die koppies, kort gelede

nog soos ’n klip so kaal,

Het nou vir welkomsgroetnis

hul mooiste voorgehaal.

Dit is die maand Oktober!

Die akkerboom is groen;

Die bloekoms langs die paaie

is almal nuutgeboen;

En orals in die tuin rond

ruik jy sering en roos,

Jasmyn en katjiepiering,

lemoen en appelkoos.

Al was die dag soos yster

lank in die vuur gesteek,

Die varings in die klofies

deur hitte geel verbleek,

Tog, as die son daar onder

agter die berge gaan,

Dan word oor heel die wêreld

die mooiste geur geslaan.

Dit is die maand Oktober!

Die kokkewiet is uit;

Boomsingertjies en kriekies

Dié hoor jy orals fluit;

Fiskaal is op die oorlog –

daaronder by die sluis,

Daar is ’n dor ou doringboom

sy spens en sy kombuis.

Dit is die maand Oktober!

Ek dink die mense vier

Vir ewig in die hemel

Oktobermaand soos hier!

Wat wens jy meer as blomme,

as helder dag en nag?

Wat kan jy beter, mooier

Of heerliker verwag?

Ek is nog in Oktober!

My tuin is nog so groen,

So wit met al wat mooi is,

met bloeisels van lemoen,

So pragtig in die môre,

so heerlik in die aand

Ek is nog in Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Wat gee ek om die winter?

Wat praat jy nou van Mei?

Wat skeel dit as ons later

weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober,

die mooiste, mooiste maand

Met elke dag so helder,

so pragtig elke aand

Viooltjies in die voorhuis,

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies orals op die veld,

En orals, ai, so mooi!

Op my ou ramkietjie
Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

Ek sing van Adam

En Eva se val,

Van die ou Paradys.

“Halfpad mal!”

So sê die mense

Wat my hoor speel

As die skemer my wang soen

Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,

En die sterre knik,

Dan speel ek kordaat voort,

In my skik.

Wat gee ek om mense

Wat sê ek’s mal,

As die varings my aanhoor

By die wal?

Wat om my vrinde –

Wat nooit nie verstaan –

As die sterre my toeknik,

En die maan?

Op my ou ramkietjie

Met nog net een snaar,

Speel ek in die maanskyn,

Deurmekaar.

’n Handvol gruis uit die Hantam
’n Handvol gruis uit die Hantam –

My liewe, lekker Hantam-wyk!

’n Handvol gruis en gedroogde blare,

Waboom-blare, ghnarrabos-blare!

Arm was ek gister, en nou is ek ryk.

Arm in herinnering, arm in verbeelding,

Arm in onthou van die vroeër jare

Deurgebring in die Hantam-wyk.

’n Handvol gras en gedroogde blare

Maak my, wat arm was, koning-ryk –

Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,

Ryk in onthou van die vroeër tyd

Toe die Hantam-wêreld al die wêreld

Vir my was in die vroeër tyd.

’n Handvol gruis en gedroogde blare

Vertel so veel van die wonderjare

In my liewe lekker Hantam-wyk –

Waboom-blare, ghnarrabos-blare –

Arm eergister en nou skatryk!

Ek sing van die wind wat te keer gaan
Ek sing van die wind wat te keer gaan;

Ek sing van die reën wat daar val;

Ek sing van ons vaal ou Karooland;

Van blomme wat bloei by die wal;

Van water wat bruis oor die klippe;

Van duikers wat draf oor die veld;

Van voëls wat daar sing in die bossies –

Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;

Van al wat die vlei laat verkleur;

Van al wat die sonskyn laat spartel;

Van voorjaar en najaar se geur;

Vir my sing maar liefs van die water;

Van duikers wat draf oor die veld;

Van rotse en brand

Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Die Slamaierwinkel
Daar’s ’n ewige rintinkel in die ou Slamaierwinkel,

Waar die tameletjies en groenvye stik;

Want die reuk van knoflokknolle meng met dié van kanferbolle,

En daar’s rooi saffraan en bokkoms in ’n blik.

Dis ’n deurmekaar ophoping, uitgesprei hier vir verkoping,

En ou Abdoel troon die toonbank agteroor.

As ek dink, dan tril die snare van my vroeë kinderjare,

En dit klink vir my asof ek Abdoel hoor

As hy sedig heen en weer gaan, en die kopers daar te keer gaan –

“Trippens suiker, sikspens skoon kanariesaad.”

Ja, ek sien hom met sy moesie, hoe hy vinnig die kardoesie

Vul met wat hy voor gevra word, as hy praat:

“Ag, vandag is onplesierig, want die mense is so gierig –

Vir ’n sikspens wil hul twintig vye hê;

Dis ’n alte hoë rente, ons is netnou insolvente;

Ek kan net so goed bankrot speel en gaan lê.”

En dan hoor ek weer oom Bennie as hy sê: “Abdoel, ek ken nie

’n Slamaier wat so skatryk is as jy.

Jy het, hoor ek, ’n verband op ’n plaas daar langs die strand

En ’n spogkar met twee perde nog daarby.

Wil jy nou vir ons kom wysmaak dat die lewe vir jou grys maak?

Nee, vir jou is dit so lekker soos pampoen.

Dis maar net die arme boer wat nou nie eens met sy roer

’n Bestaan kan maak nie, wat hy ook mag doen.”

Ag, ek hoor die goed rintinkel in die ou Slamaierwinkel;

Ek kan amper proe hoe soet die vye smaak.

En die mengelmoes van geure en van rooibont kopdoekkleure

Is genoeg om iemand amper mal te maak.

Maar dit is maar droomgesigte, wat verlig word deur die ligte

Van die sterretjies wat waghou oor die see;

Want ou Abdoel is mos dood en sy kinders algar groot –

En daar’s niemand wat my nou groenvye gee.

Die beste
Geil lusern in die laagste landjie;

Geil groen blare en blomme blou;

Aalwyn rooi op die voorste randjie,

Rooi soos bloed teen die rotse grou;

Somer en son en saffier daarbowe;

Ruik van die keurbos rondgesprei;

Kort klein skadu’s oor die klowe;

Somer en son en saffier vir my!

Wonder van kleure uitgesprei –

Wat is daar meer deur die dood te rowe?

Somer en son en saffier vir my!

Hoog oor die water skommel die vinkies,

Vol van die vreug van die somerdag;

Bly die gekwetter van bruin tinktinkies;

Blyer die son wat goudgeel lag.

Algar wat lewe, algar tevrede,

Hoog op die heuwel en laag op die vlei;

So was dit gister, en so is dit hede –

Somer en son en saffier vir my!

Heer, wat die hemel oor my sprei,

Dit is my eerste en laaste bede:

“Somer en son en saffier vir my!”

Het jy ’n vrind wat jou hand kan vashou?

Vrinde vergaan en faal in nood!

Het jy ’n vyand, jou grootste las nou?

Vyande, vrinde gaan algar dood!

Wat’s dit vir my as die gras vergrys word?

Somer sal kom met sy groen daarby;

Wat as in winter die water ys word?

Somer en son en saffier sal bly.

Boetie, ek vra jou, wat sê jy?

Wat’s dit vir ons as die gras vergrys word?

Somer en son en saffier sal bly.

Roem van mense, rykdomme, pragte –

Alles vergaan soos die mis op die vlei:

Sterre wat skiet in pikdonker nagte,

Het langer lewe as roem kan kry.

Boetie, as ons nou ’n keus moet wae,

Hier op die wêreld, wat vra jy?

Roemryke lewe en lengte van dae?

Somer en son en saffier vir my!

Boetie, as jy nou jou keus kan kry,

Wat is die wens wat jou hart sal wae? –

Somer en son en saffier vir my!